Lezing door prof. Wannie Carstens: Why don’t we just all speak English?

Donderdag 19 April 2018, 13:30 - 14:30

Prof. Wannie Carstens (Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Zuid-Afrika) geeft op 19 april een lezing aan de Radboud Universiteit Nijmegen:

“Why don’t we just all speak English?” (Waarom praat ons almal nie maar net Engels nie?)

Suid-Afrika is sedert 1994 in ʼn tyd van oorgang – op verskeie vlakke. Enige persoon wat die nuus oor gebeure in SA volg, sal hiervan bewus wees. Dit raak egter ook taal, en nie net politiek en sosio-ekonomiese aangeleenthede nie.

SA het ʼn komplekse taalbeleid, want die land het naamlik elf amptelike tale. Talle mense vra inderdaad die vraag: Hoe kry julle dit reg om mekaar te verstaan? Is die oplossing vir die potensiële taalverwarring nie dan maar eenvoudig dat almal Engels praat nie?

In die lesing sal ek kortliks verduidelik wat die taalopset in die land behels: beleid, beleidsbeginsels, sprekers van tale, probleme wat ervaar word. En dan sal ek argumenteer waarom Engels juis nié die aller oplossing is nie.

Prof. Wannie Carstens (Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika) het aan die einde van 2017 aan die NWU (Potchefstroom) afgetree as professor in die Afrikaanse taalkunde. Hy bly betrokke by die NWU as buitengewone professor in die navorsingseenheid oor tale en literatuur. Hy was lank direkteur van die Skool vir Tale op hierdie kampus. Hy dien of het gedien op verskeie liggame wat Afrikaans raak, o.a. as stigterslid en eerste voorsitter van die Afrikaanse Taalraad (ATR; 2008-2011), voorsitter van die Raad van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns (2011-2014), asook voorsitter van die Raad van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (2011-2014). Hy was ook ondervoor­sitter van die Raad van PanSAT (2014-2016). Hy is tans gasdosent in Afrikaanse taalkunde aan die Universiteit van Leiden (Februarie – Mei 2018) en teen die einde van die jaar sal hy ook doseer in Gent. Hy was betrokke by verskeie samewerkingsooreenkomste tussen universiteite in SA en in die Lae Lande.

Donderdag 19 april, 13:30-14:30 in E 9.14

Registreren kan tot en met 16 april via Dit e-mailadres wordt beveiligd tegen spambots. JavaScript dient ingeschakeld te zijn om het te bekijken.. Voor meer informatie over de lezing kunt u contact opnemen met prof. Nicoline van der Sijs, Dit e-mailadres wordt beveiligd tegen spambots. JavaScript dient ingeschakeld te zijn om het te bekijken..

Locatie Aula Radboud Universiteit
Comeniuslaan 2
Nijmegen
6525HP
Nederland
http://www.ru.nl