Dinsdag 11 December 2018

dinsdag11.12
Nederland, Amsterdam - Zuid-Afrikahuis - Literatuur
Leeskring: Karolina Ferreira
Dinsdag 11 December 2018 19:30

Tineke Dorr en Rob van der Veer bespreken Karolina Ferreira (2013) van Lettie Viljoen.

Karolina Ferreira gaan na die Vrystaatste dorp Voorspoed om in die omgewing navorsing oor motte te doen. Op pad laai sy ’n onbekende man op en laat haar handpalm lees deur ’n vrou in ’n karavaan. Aanvanklik bly sy in die dorp se hotel. Hier speel sy saans snoeker, dans oor die naweek met en ontmoet ’n verskeidenheid mense. Onder andere Pol, die enigmatiese prokureur, die geteisterde boer Tonnie de Melck, die driftige luitenant Kieliemann, en ander lede van die plaaslike polisie. Sy word gekonfronteer met geweldpleging in die swart woonbuurt. Die rassegeweld is egter nie die enigste geweld in die boek nie. Ondanks haar voornemens word Karolina – soos die minnaars wat sy die eerste keer op ’n bankie in die begraafplaas sien en oor wie sy wonder – ook meegevoer deur die liefde. Geweld en liefde, die openbare en die intens private, word in hierdie roman op ’n indrukwekkende wyse ineengevleg.

Meer info