Dinsdag 25 September 2018

dinsdag25.09
Nederland, Amsterdam - Zuid-Afrikahuis - Literatuur
Leeskring: Op 'n dag, 'n hond
Dinsdag 25 September 2018 19:30

Rob van der Veer bespreekt Op'n dag, 'n hond van John Miles.

’n Nuwe roman deur die bekroonde skrywer John Miles. Dieselfde temas geld as in sy vroeëre werk: ’n besinning oor die vervlietendheid van die menslike bestaan & die onontkombaarheid van die dood, deurgaans gekenmerk deur ’n amper moedswillige humor. Die verhaal begin in ’n tuinwoonstelletjie waar ’n oud-onderwyser een aand sit en musiek luister, min wetende dat daar ’n lewensveranderende insident met ’n hond op hom wag. ’n Meesleurende roman, met ’n merkwaardige insig in die mens se lot.

Meer info