Donderdag 13 Juni 2024

donderdag13.06
Nederland, Amsterdam - Zuid-Afrikahuis - Dans en theater
Mandri Sutherland one woman show
Donderdag 13 Juni 2024 17:30 - 19:00

Mandri Sutherland, ook bekend as Vroudrie, se eerste eenvroustuk is spesifiek vir die huiskonsert-inisiatief geskryf, waar sy al meer as 140 keer in die leefruimtes van mense oor Suid-Afrika heen gespeel het. Die stuk is ‘n kombinasie van storievertelling en uitspattige karaktervertolking.

Mandri sê ‘n ding soos dit is en sy sê dit in Afrikaans. Sy belig en gooi liefde, humor en vet op die Afrikaner-vrou se besware en waarhede. Sy sê ‘n ding raak en sy sê wat die meeste van ons heel moontlik dink. Die show is nie net vir vrouens nie, so bring gerus jou man saam, maar los dalk net jou hond en kind by die babysitter!

Klik voor meer informatie